Modulekode | GNK 583 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Die blok bestaan uit twee modules; een prakties en die ander teoreties. Die doel van trauma-prakties is om studente bekend te stel aan die kliniese herkenning van trauma-noodgevalle, hoe om nood-ressusitasie te begin, en die aanwending van metodes met die oog op lewensredding en -ondersteuning en noodbehandeling van die trauma slagoffer. Studente word met behulp van rolspel deur akteurs/modelle, die Advanced trauma life support (ATLS) (ABCDE)-benadering tot trauma geleer. Trauma-teorie is ‘n inleiding tot die volle spektrum van trauma as ‘n siekte. Die epidemiologie van trauma, meganismes waardeur wonde toegedien word, insluitend ballistiek; die biologiese reaksie op trauma, genesing van wonde en trauma-komplikasies, word onderrig. Noodbehandeling, resussitasie en intensiewesorgbehandeling van die trauma-slagoffer word gedek. ‘n Sistematiese kursus word op ‘n tema-basis aangebied om die prioritisering van die hooforgaanstelsels volgens die ATLS-tipe benadering tot beserings wat die lewe of die ledemate bedreig, of tot skending kan lei, te dek. Toraks-, kardiovaskulêre, abdominale en kop- en nektrauma word aldus as potensiële lewensbedreigende beserings hanteer, ortopediese trauma as ledemaatbedreigend, en velbeserings hoofsaaklik as skendende beserings. Termale, elektriese en chemise brandwonde asook vrieswonde word gedek. Inleiding tot fisiese en sielkundige rehabilitasie en voeding van die trauma-slagoffer word ook behandel. |
Modulekrediete | 25.00 |
Programme | |
Voorvereistes | BOK 480,BOK 482,GNK 481,GNK 483,GNK 484,GNK 485,GNK 486,GNK 487,GNK 385,SMO 411 |
Kontaktyd | 10 lesings per week, 1 ander kontak per week, 1.5 seminare per week, 3 besprekingsklasse per week, 1 praktiese sessis per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Chirurgie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App